Vrystaatse gastehuise sukkel steeds met water
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 7, 2025
- 1 min read
Terwyl die Vrystaatse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, die toerisme-seisoen by Gariepdam geopen het, sit talle ondernemings en gastehuise hier sonder water.
NovaNews berig dié dorp, reg langs die grootste dam in Suid-Afrika, voer al maande lank ‘n stryd teen waterbeperkings.
Die Menseregtekommissie het reeds in sy November 2024-verslag gesê die Kopanong-munisipaliteit minag inwoners se regte tot toegang tot skoon water.
Met die bekendstelling van die departement van toerisme se somerveldtog, word al die toerisme-attraksies van dié mooi dorp luid besing.
Sakelui sê egter dit help alles niks as daar nie water is vir besoekers nie.







Comments