top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse konstabel neem eie lewe na beweerde padwoedevoorval

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 2, 2025
  • 1 min read

‘n Vrystaatse polisiebeampte het in ‘n beweerde padwoedevoorval sy eie lewe geneem ná hy die bestuurder van ‘n insleepvoertuig doodgeskiet het. Volgens Eyewitness News het die konstabel glo saam met twee van sy kollegas na die Vrystaat gereis toe hulle 'n ompadteken by padwerke gemis het, en hul voertuig teen 'n versperring gebots het. Daar word verneem dat die konstabel die bestuurder van die insleepvoertuig met sy aankoms noodlottig gewond het. Terwyl die konstabel se kollegas en omstaanders probeer het om die stituasie te ontlont het hy glo losgebrand en ‘n sersant asook ‘n gemeenskapslid gewond voordat hy sy pistool op homself gedraai het. Beide die konstabel en die bestuurder van die insleepvoertuig is op die toneel dood verklaar.

 
 
 

Comments


bottom of page