top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse LUR maan kosverkopers om aan voedingsriglyne te voldoen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 29, 2024
  • 1 min read

Vrystaatse Onderwys LUR, Mantlhake Julia Maboya, doen 'n beroep op verkopers wat aan leerders kos voorsien om aan regulasies en voedingsriglyne te voldoen om te verseker dat leerders gesonde maaltye ontvang. Volgens Maboya beklemtoon die voorval van Maart 2020, waar ‘n graad 3-leerder van die Laerskool Tsholetseng in Bloemfontein oorlede is nadat hulle sjokolade gedeel het, asook die onlangse hospitaliseering en afsterwe van leerlinge, die belangrikheid van hierdie kwessie. Van die LUR se sleutel bekokmmernisse sluit in die gesondheidsrisikos wat ongeregluleerde voedselverskopers vir leerders inhou asook ongesonde voedselkeuses wat tot vetsug by kinders bydra. Volgens Maboya moet skole bestaande beleide wat voedselverkope reglueer, afdwing en ouers moet die kosopsies wat vir leerders beskikbaar is, noukeurig ondersoek. Sy voeg by dat in samewerking met ander departemente, die polisie asook geloofsgebaseerde organisasies sal skoolkosverkopers en spaza-winkels rondom die skole gemonitor word.

 
 
 

Comments


bottom of page