top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse-man glo oor R5 vermoor

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 17, 2025
1 min read

'n Jong verdagte is tans in polisie-aanhouding in die Vrystaat ná hy glo ‘n man oor R5 vermoor het. Polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê in ‘n mediaverklaring ‘n rusie het glo tussen die twee mans tydens ‘n potjie pool, oor 'n R5-muntstuk, by ‘n plaaslike taverne in Philippolis, in die Vrystaat, begin. Die verdagte het na bewering ‘n bottel gebreek en die slagoffer daarmee gesteek. Die polisie is na die toneel ontbied en het die man  se liggaam op die sypaadjie gevind. Met die hulp van die gemeenskap in en om Phillipolis is die man gevind en hy sal binnekort in die Philippolis-landdroshof, op aanklag van moord verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page