top of page

‘Vrystaatse munisipale werkers word nie in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem nie’

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 7
  • 1 min read

Die woordvoerder van die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat, Tshediso Tlali, sê 'n anonieme WhatsApp-boodskap wat beweer dat 90% van die werkers van ’n afdeling by ’n Vrystaatse munisipaliteit in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem is, is “baie onwaar”.


Netwerk24 berig in 'n boodskap met die woorde “mediaverklaring” boaan en ’n datum van 3 Oktober word gepraat van ’n “ontstellende geestesgesondheidskrisis” by die Matjhabeng-munisipaliteit.


Tlali het gister gesê die munisipaliteit weet nie wat die oorsprong van die verklaring is of wie dit saamgestel het nie.


Die verklaring beweer voorts die munisipaliteit ervaar sistemiese probleme, wat veroorsaak dat baie munisipale amptenare se geestesgesondheid daaronder ly.


Tshediso Tlali. FOTO: Facebook
Tshediso Tlali. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page