Vrystaatse munisipale werkers eis antwoorde oor salarisse
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 days ago
- 1 min read
Werkers van die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit in Theunissen sê hulle het breekpunt bereik oor uitstaande salarisse en onsekerheid oor hul posgraderings.
SABC News berig werknemers het hul werk geboikot en beweer dat 'n verkeerde graderingstelsel daartoe gelei het dat sommige minder as die helfte van hul regmatige salarisse ontvang.
Volgens die werkers het hulle die kwessie reeds verskeie kere onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar sonder sukses.
Die optrede volg nadat die Ouditeur-generaal die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit onlangs as een van sewe munisipaliteite geïdentifiseer het wat dringende ingryping benodig.
Werkers sê hulle sal aanhou om duidelikheid oor hul posgraderings en die betaling van uitstaande salarisse te eis.








Comments