Vrystaatse munisipaliteit in warm water oor vermiste pensioenfondse

Die vraag oor waarheen nagenoeg R38 miljoen gegaan het wat die Mafube (Frankfort) Munisipaliteit in die Vrystaat van sy werkers as hul pensioenfondsbydraes afgetrek het, maar wat die munisipaliteit glo nooit aan die pensioenfonds betaal het nie, word ondersoek. Volgens IOL het die Munisipale Werkers Aftreefonds, in 'n poging om die munisipaliteit se bankrekords van nader te bekyk, hom tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend. Die fonds het glo vroeër 'n bevel gekry dat die munisipaliteit nagenoeg R38 miljoen aan die fonds, ten opsigte van die pensioenbydraes, moet betaal. Die munisipaliteit het na bewering nooit die geld betaal nie en die fonds het daarna 'n lasbrief van eksekusie teen die munisipaliteit verkry. IOL berig verder dat die hof het gesê dit is nou tyd om op te tree en die munisipaliteit te dwing om al die nodige dokumentasie bekend te maak wat die fonds benodig om die hofbevel en lasbrief af te dwing.








Comments