Vrystaatse munisipaliteit is ontbind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 24
- 1 min read
Weens jare se versuim om basiese dienste aan ‘n gemeenskap te lewer is ‘n Vrystaatse munisipaliteit ontbind. Die Bloemfonteinse Hooggeregshof het bevind dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit nie sy grondwetlike, wetgewende en regulatoriese verpligtinge teenoor die inwoners van Parys, Heilbron, Koppies en Vredefort nakom nie. IOL berig verder na aanleiding van ‘n aansoek wat deur AfriForum ingedien is, het die hof as deel van 'n strukturele interdik gelas dat die munisipale raad ontbind moet word en dat die Vrystaatse provinsiale regering onmiddellik in die munisipaliteit se sake moet ingryp. Die besluit volg kort na die Vrystaatse Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit onlangs weens hul bestuursmislukkings onder administrasie geplaas is.





Comments