top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse munisipaliteite se krag word dalk gesny

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 14, 2025
1 min read

Eskom waarsku vier munisipaliteite in die Vrystaat dat hul kragtoevoer, weens 'n gesamentlike skuld van byna R5 miljard, afgesny kan word. The Citizen berig die Nala-, Moqhaka-, Masilonyana- en Ngwathe-munisipaliteite moet die agterstallige skuld binne agt weke vereffen om drastiese optrede te verhoed. Die vier munisipaliteite is almal in die noordelike en sentrale gedeeltes van die Vrystaat geleë, wat 15 dorpe insluitend Kroonstad, Parys, Heilbron, Brandfort en Winburg insluit. Eskom sê daar is geen ander opsies as om elektrisiteit te sny nie. ’n Finale besluit sal op 3 April geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page