top of page

Vrystaatse munisipaliteite sál verantwoording doen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 5, 2025
  • 1 min read

Premier MaQueen Letsoha-Mathae het munisipaliteite gewaarsku dat hulle aan die mense van die Vrystaat-provinsie verantwoording sal doen. Luidens ‘n plasing op die sosiale media blad van die Vrystaatse Provinsiale Regering volg dit na die leierskap van Vrystaatse munisipaliteite deur lede van die portefeuljekomitee oor die stand van hul instellings oor die kole gehaal is. Sleutelkwessies wat geopper is, was die finansiële sake sowel as dissiplinêre maatreëls wat ingestel is teen munisipale amptenare. Letsoha-Mathae het Maandag by die Bloemfonteinse OR Tambo-huis gesê dat die Vrystaatse Provinsiale Regering sal, waar nodig en volgens voorgeskrewe wetgewing, in die betrokke instellings ingryp. Sy voeg by die gedrag van sommige in die leierskap van hierdie munisipaliteite is geweldig teleurstellend.

 
 
 

Comments


bottom of page