top of page

Vrystaatse munisipaliteite word gewaarsku

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het 'n sterk waarskuwing aan Vrystaatse munisipaliteite gerig rakende die stadige implementering en wanbestuur van water- en sanitasie-infrastruktuurprojekte wat deur die departement befonds word. Vista berig volgens die departement se provinsiale hoof, Tseliso Ntili, loop munisipaliteite wat nie daarin slaag om goedgekeurde projekte af te lewer nie, die risiko dat hul fondse hertoegeken sal word aan diegene wat toewyding en doeltreffendheid in projekimplementering toon. Hy voeg by dat munisipale bestuur persoonlik aanspreeklik gehou sal word vir finansiële wanbestuur, en dat die departement die Bylae 6B-befondsingsbepalings sal inroep. Dit beteken dat DWS, in plaas daarvan om fondse direk aan munisipaliteite oor te dra, hulle die projekimplementering sal oorneem en diensverskaffers direk per faktuur sal betaal.

 
 
 

Comments


bottom of page