Vrystaatse onderwyseres ongedeurd na noue ontkoming met koedoe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 2, 2025
- 1 min read
ʼn Seer heup en stukkies glas in haar gesig en hare is die enigste tekens wat ʼn Vrystaatse onderwyseres oorgehou het nadat sy ʼn koedoekoei met haar Toyota Fortuner getref het. Luidens Maroela Media is die 58-jarige Anita Muller van Philippolis ongelooflik dankbaar dat sy so te sê ongedeurd van die voorval afgekom het – en sy besef maar al te goed die omstandighede kon baie anders gewees het. Muller, wat ‘n departementshoof by Laerskool Bergmanshoogte is, speel Saterdae rolbal op Colesberg. Oppad huis toe, sowat 38 km buite Colesberg, het ʼn koedoe aan die linkerkant uit die lang gras in die pad ingestap en die bestuurderskant van Muller se voertuig met ʼn slag getref. Alhoewel sy ongedeurd is lyk dit in hierdie stadium asof haar voertuig afgeskryf sal moet word.







Comments