Vrystaatse onderwyseres vir maande tuis na leerling se vuis haar glo tref
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 28
- 1 min read
‘n Vrystaatse onderwyseres van Hoërskool Theunissen is glo so hard deur ‘n leerling se vuis getref dat sy ná byna drie maande steeds nie terug by die skool is nie. Volgens Netwerk24 is sy op langtermyn-ongeskiktheidsverlof nadat haar kakebeen in die voorval ernstig beseer is. Daar word berig twee seuns het glo in haar klas met mekaar handgemeen geraak en toe sy nader stap het een se vuis glo haar vang en oor getref. Van die klasmaats is van mening dat dit per ongeuk was. Dit is nie bekend watter stappe, indien enige, teen die betrokke leerling geneem is nie. Daar word wel verneem dat die skool die leerling vir ‘n paar dae huis toe gestuur het. Skoolhoof, Edwin Williamson, het ook aan Netwerk24 bevestig dat die voorval wel by die onderwysdepartement aangemeld is.





Comments