top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse paaie eis die lewe van drie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 20
  • 1 min read

Drie mense is die naweek in twee afsonderlike ongelukke op Vrystaatse paaie oorlede.


Volgens Netwerk24 het die eerste ongeluk Saterdagoggend by die kruising naby Riebeeckstad en Welkom gebeur, waar 'n vragmotor, minibustaxi en dubbelkajuitbakkie gebots het.


Een persoon is op die toneel dood verklaar, terwyl twee ander met ernstige beserings hospitaal toe geneem is.


Later dieselfde dag het nog twee mense hul lewe verloor in 'n reg van voor botsing op die R34 tussen Kroonstad en Odendaalsrus.


'n Vrou en haar dogter, wat in 'n Kia Picanto gereis het, is op die toneel oorlede.


Volgens nooddienswoordvoerder Lazarus Moshou is die kruising naby Riebeeckstad 'n bekende brandpunt vir ongelukke.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page