top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse paaie eis ses lewens

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 15
  • 1 min read

Vrystaatse paaie het die naweek in twee afsonderlike padongelukke die lewe van ses mense geëis.


Volgens Netwerk24 sê Sipho Towa van die Vrystaatse padvoorvalbestuurstelsel dat drie mense in 'n botsing tussen vier voertuie op die R57 tussen Petrus Steyn en Heilbron oorlede is.


Nog vier mense is ernstig beseer, terwyl twee ander matige beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein en die Tokollo-distrikshospitaal in Heilbron geneem.


In 'n afsonderlike ongeluk op die N3 tussen Vrede en Warden is nog drie mense oorlede nadat 'n vragmotor en 'n bakkie gebots het.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 

 
 
 

Comments


bottom of page