Vrystaatse paaie eis weer lewens
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 9
- 1 min read
Polisie by Tierpoort in die Manaung Metro Munispaliteit ondersoek ‘n geval van tref-en-trap op die N1.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in ‘n verklaring met hul aankoms op die toneel Vrydagaand het hulle op menslike oorskot in die pad afgekom, met geen voertuig in die omgewing nie. Die oorskot is deur personeel van patologiedienste geneem, en ‘n saak van strafbare manslag is geopen.
Intussen berig Netwerk24 in ‘n ander ongeluk buite Kroonstad Saterdagaand is ses mense dood nadat die motor waarin hulle gery het, omgeslaan het. ‘n Woordvoerder van die Vrystaatse nooddienste, Sipho Towa, sê vyf mense is op die toneel dood verklaar, terwyl nog ’n passasier by die hospitaal dood verklaar is. Vier ander passasiers is in ’n kritieke toestand na die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad vervoer.
Rosestad-nuus het ook vroeër berig van ‘n botsing van voor – ook in die Tierpoort-omgewing – waarin vyf mense dood is.





Comments