top of page




Boere in die Vrystaat word gewaarsku
Boere in die Vrystaat word gewaarsku oor ’n toename in diefstal op plase. In onlangse maande het polisie verskeie klagtes ontvang oor die diefstal van waardevolle items soos trekkerbatterye, radio’s, sensors en skermmonitors uit landboutoerusting. Volgens polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, ondersoek die Reitz-polisie die voorvalle. Boere word aangeraai om waaksaam te bly en nie trekkers sonder behoorlike sekuriteit of toesig in lande te laat nie. Polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


‘n Anti-boelieveldtog is in die Vrystaat geloots
’n Anti-boelieveldtog is in die Vrystaat van stapel gestuur nadat video’s van ernstige boeliegedrag by ’n skool in Bethlehem aan die lig gekom het. Volgens die Sowetan wys die beeldmateriaal hoe leerders glo deur hul skoolmaats geboelie en verneder word. Die burgemeester van Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit, Tseki Tseki, het die skool saam met die polisie, maatskaplike dienste en ander rolspelers besoek. Hy het beklemtoon dat respek, dissipline en ouerbetrokkenheid noodsaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


‘Die Vrystaat se begroting skiet tekort’
Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) skiet die provinsie se begroting van R47,9 miljard tekort om die Vrystaat se ekonomiese en diensleweringsuitdagings aan te spreek. Volgens die party is die begrotingsverhoging van sowat 2,5% laer as inflasie, wat beteken dat besteding in werklike terme afneem. Die DA voer aan dat die grootste deel van die begroting steeds na maatskaplike dienste gaan, terwyl sektore soos ekonomiese o ntwikkeling en bestuur minder befondsing ontvang. Hul

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Die DA bevraagteken deursigtigheid oor die R26-padprojek
Die Demokratiese Alliansie het kommer uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid rondom ’n R26-padonderhoudsprojek tussen Clocolan en Marquard. Volgens ‘n mediaverklaring van die DA is inwoners, boere en ondernemings al lank bekommerd oor die swak toestand van die pad. Die party sê sommige raadslede en verteenwoordigers van plaaslike boerderygroepe is glo nie na ’n projekinligtingsessie genooi wat vroeër vandeesmaand gehou is nie. Volgens die Departement van Gemeenskap, Pa

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


‘n Vrystaatse vrou moet duisende rande ná ‘n bedrogsaak terugbetaal
’n Vrystaatse vrou is in die landdroshof in Kroonstad aan 75 aanklagte van bedrog skuldig bevind. Volgens die polisie het Jacolene Hendricks kliënte van die Hansie Muller Besigheidstrust glo opdrag gegee om betalings vir goedere in haar persoonlike bankrekening te deponeer. Die ondersoek het ook bevind dat pryse glo verhoog is en dat ’n deel van die geld na die besigheid oorgeplaas is, terwyl die res behou is. Die klaer het na raming R800 000 se verlies gely. Die hof het besl

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Steenhuisen ontken beskuldigings van pligsversuim
Die minister van landbou, John Steenhuisen, ontken beskuldigings van pligsversuim in die stryd teen bek-en-klouseer. ActionSA beweer Steenhuisen het versuim om virusmonsters aan die Pirbright Institute voor te lê sedert hy minister geword het. Die party het in die parlement gevra watter impak dié vertraging op die beperking van die uitbreking van die virus kon hê. Steenhuisen sê egter die deel of nie-deel van monsters vertraag nie die verkryging van entstowwe teen die siekte

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


'n Buitelandse man is in Ficksburg inhegtenis geneem
Die Ficksburg-polisie in die Vrystaat het ’n 41-jarige buitelandse man in hegtenis geneem nadat hy tydens ’n stop-en-deursoek-operasie in besit van ’n vermoedelik gesteelde CCTV-kamera gevind is. Volgens 'n mediaverklaring van die Kantoor van die Waarnemende Provinsiale Kommissaris in die Vrystaat het die inhegtenisname gister middag plaasgevind toe polisie roetinepatrollies in die dorp uitgevoer het en ’n verdagte man opgemerk het. Tydens die inhegtenisname is daar ook op da

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Ramaphosa keur die ontplooiing van soldate vir Operasie Prosper goed
President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 2200 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag goedgekeur om saam met die polisie te werk onder Operasie Prosper. Die operasie, wat tot Maart volgende jaar duur, sal onwettige mynbou en bendes in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Wes-Kaap teiken. Die ontplooiing sal meer as R823-miljoen kos. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa versoek verder gemeenskappe om met wetstoepassing saam te w

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Vrystaatse veeartsgegradueerdes wag steeds vir werksgeleenthede
Talle Vrystaatse veeartsgegradueerdes wag steeds vir geleenthede om in Suid-Afrika te praktiseer - nadat hulle jare gelede hul studies in Rusland voltooi het. Bloemnuus berig 39 studente het ’n Baccalaureusgraad in Veeartsenykunde aan die People’s Friendship University in Moskou verwerf. Hul studies is aanvanklik deur die Vrystaatse premier se kantoor, destyds onder Ace Magashule, geborg en later deur die Vrystaatse Departement van Landbou ondersteun. ’n Woordvoerder vir die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 12


’n Vrystatertjie verloor haar dapper kankerstryd
’n Vyfjarige Vrystatertjie van Senekal het haar stryd teen ’n seldsame en aggressiewe vorm van oogkanker verloor. Netwerk24 berig Leandré Lottering is in die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein oorlede. Sy is met retinoblastoom gediagnoseer nadat haar oog begin skeeftrek het. Haar linkeroog is later verwyder, maar die kanker het intussen na haar brein en rugmurg versprei. Volgens berigte het Leandré die afgelope weke ’n moeilike tyd deurgegaan terwyl haar gesin e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 10


Vrystaat-boere moet vir BKS-inentings registreer
Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moedig boere aan om vir die provinsie se bek-en-klouseer (BKS)-inentingsprogram te registreer. Volgens ‘n mediaverklaring van die departement help aansoeke vir inenting met die beplanning van die uitrol van entstowwe en om toekomstige entstofbehoeftes te bepaal. Die departement sê hy het reeds ’n groot aantal aansoeke ontvang, maar waarsku dat nie alle aansoeke noodwendig in die eerste rondte van inentings sukse

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 8


'Die R59-pad moet reg wees voor NAMPO'
Daar is nuwe oproepe dat die R59 tussen Vredefort en Viljoenskroon dringend herstel moet word voor die NAMPO Oesdag-geleentheid in Mei. Die pad is ’n belangrike roete vir landboubedrywighede in die streek en word daagliks tydens die oesseisoen gebruik om groot hoeveelhede graan na silo’s te vervoer. Daar is egter toenemende kommer oor die verswakkende toestand van die pad, wat volgens berigte ook druk op boere, besighede en padgebruikers plaas. Intussen is daar onsekerheid oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 7


‘n Baba se liggaam is uit die Modderrivier gehaal
Die liggaam van ’n eenjarige baba is uit die Modderrivier gehaal nadat die kind byna twee weke lank vermis was. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê die voorval het op 23 Februarie plaasgevind toe ’n man glo ná ’n argument met sy ma met die baba weggehardloop het. Volgens berigte het hy die rivier binnegegaan waar albei in die diep water verdwyn het. ’n Soek- en reddingsoperasie is onmiddellik begin, maar reddingspanne kon aanvanklik niemand opspoor ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 6


Vrystaatse polisie versterk hul stryd teen grensmisdaad
As deel van pogings om grensmisdaad hok te slaan, het die Vrystaatse polisie ’n hoëdigtheid-operasie in en om Clarens uitgevoer. Volgens SANews het verskeie provinsies en regeringsdepartemente tydens die operasie saamgesnoer. Die optrede het tot 28 arrestasies gelei vir misdade wat die plaaslike ekonomie en gemeenskapsveiligheid raak. Sewe mense is vir veediefstal in hegtenis geneem en gesteelde vee is teruggevind, terwyl 14 ongedokumenteerde persone ook aangekeer is. Intuss

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5


Die FAK versterk hul teenwoordigheid in die Vrystaat
Dorpe in die Oos-Vrystaat kan binnekort groter blootstelling kry nadat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, oftewel die FAK, ’n nuwe kultuurnetwerkkoördineerder vir die sentrale streek aangestel het. Lieandri Ackermann beoog om maandeliks dorpe in haar streek uit te lig om plaaslike geskiedenis en kulturele bakens te bevorder. Ackermann, wat voorheen by die Voortrekkermonument betrokke was, is nou in Ficksburg gevestig en sal toesig hou oor projekte in die Vrystaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


‘n Sakeman is glo oor kleingeld vermoor
’n Sakeman is glo in die Vrystaat ná ’n argument oor kleingeld vermoor. Volgens ’n mediaverklaring van die polisie is ’n man van Bluegumbosch, in Phuthaditjhaba, in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die verdagte het na bewering die slagoffer met ’n mes doodgesteek. Nadat hy die gemeenskap se reaksie gesien het, het hy vir sy veiligheid na ‘n polisieman se huis gevlug. ’n Saak van moord word ondersoek, en die verdagte sal na verwagting binnekort in die Phuthaditjhaba

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 27


Veediefstal dryf kommer oor BKS langs die grens
Veediefstal en onbeheerste oorgrensbewegings verhoog die risiko vir verdere verspreiding van bek-en-klouseer (BKS) langs die Vrystaat-Lesotho-grens. Volgens Bloemnuus het Vrystaat Landbou ernstige kommer uitgespreek oor ’n nuwe uitbraak van die siekte in Lesotho, sowat 15 kilometer van Clarens. Die organisasie waarsku dat veediefstalsindikate en rondloperdiere wat uit Lesotho oor die grens beweeg, die gevaar vir grensboere aansienlik verhoog. Vrystaat Landbou sê die gebrek aa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 27


Die Vrystaat se Ngwathe Munisipaliteit wil glo wéér appèl aanteken
Burgemeester Victoria de Beer-Mthombeni van die Vrystaatse Ngwathe Munisipaliteit het aangedui dat die munisipaliteit glo weer appèl wil aanteken teen ’n hofuitspraak oor provinsiale ingryping. Maroela Media berig die Hooggeregshof in Bloemfontein het onlangs beveel dat die vorige hofbevel, wat provinsiale ingryping en die ontbinding van die munisipale raad vereis, onmiddellik geïmplementeer moet word. AfriForum sê die voorgenome appèl sal die totaal van pogings om die hofbe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 25


Vrystaat-boere versuim glo om BKS-gevalle aan te meld
Dit wil voorkom asof sommige Vrystaat-boere versuim om vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld, wat volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling die beheer van die siekte bemoeilik. Die departement het intussen 25 nuwe bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, wat die totaal op 370 te staan bring. Volgens ‘n mediaverklaring bly beperkings op die beweging van diere in plek, terwyl ingeënte dosisse reeds in verskeie staatsve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


Nóg ’n Vrystaatse stad begin dienste afsny
Dis nie net in Bloemfontein waar beweerde wanbetalers se elektrisiteit afgesny word nie. In ’n mediaverklaring sê Welkom se plaaslike munisipaliteit besighede, instellings en staatsdepartemente skuld die munisipaliteit meer as R1 miljard aan uitstaande diensrekeninge. Dié agterstallige bedrae raak volgens dié Vrystaatse munisipaliteit sy vermoë om infrastruktuur te onderhou en noodsaaklike dienste te lewer. As deel van ’n finansiële herstelplan sal water- en kragdienste ontko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 19


’n Vrystaatse tronk word vasgevat
Talle onwettige items en dwelms is gevind toe die Vrystaatse Bizzah Makhathe korrektiewe sentrum in Kroonstad deursoek is. Volgens die Departement van Korrektiewe Dienste is ’n gesamentlike operasie uitgevoer om veiligheid en beheer binne die sentrum te versterk. Selfone, skerp voorwerpe, kontant en bankkaarte is gekonfiskeer, terwyl ’n groot hoeveelheid dagga en mandrax ook gevind is. Die operasie het beide die manlike en vroulike afdelings geteiken en is uitgevoer deur le

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


’n Luiperd loop los in die Vrystaat
’n Luiperd is op vrye voet nadat dit uit ’n grootkatfasiliteit op ’n plaas naby Reddersburg in die Vrystaat ontsnap het. Volgens die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die luiperd by Mooifontein plaas deur ’n beskadigde kamp ontsnap nadat erge weer bome omgewaai en die elektriese heining ontwrig het. Omgewingsbestuursinspekteurs en ’n soekspan is tans op die toneel om die luiperd op te spoor en veilig te vang. Motoriste en inwoners in die omgew

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 18


UV-navorsing vind hormoonversteurende chemikalieë in sanitêre produkte
Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het bevind dat gewilde sanitêre produkte moontlik hormoonversteurende chemikalieë bevat, selfs wanneer dit as “vry van skadelike chemikalieë” bemark word. Luidens ‘n aanlynartikel toon die studie, gepubliseer in Science of the Total Environment, dat elke produk wat getoets is, minstens twee endokrien-versteurende stowwe bevat het. Volgens prof. Deon Visser van die UV kan herhaalde, langtermynblootstelling kommer wek, aange

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


’n Veewagter vind ‘n pasgebore baba verlate in die veld
’n Pasgebore baba is naby ’n dreineringskanaal in die Vrystaatse Phuthaditjhaba munisipaliteit verlate gevind - nadat ’n veewagter hom hoor huil het. Volgens ’n mediaverklaring was die babaseuntjie in ’n blou kombers toegedraai en die naelstring was nog aangeheg. Polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en die baba is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die identiteit van die biologiese ma is nog onbekend. Die saak is op ’n klag van poging tot moo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16
bottom of page

