top of page

Vrystaatse polisie ondersoek 'n geval van moontlike kinderhandel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 4
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van moontlike kinderhandel ná die inhegtenisneming van ‘n 21-jarige buitelandse vrou.


Die verdagte is by die Setsing-kompleks in hegtenis geneem nadat sy betrap is vir die winkeldiefstal van skryfbehoeftes. Tydens haar aanhouding het die onbeheerbare gehuil van ‘n baba in haar sorg agterdog by twee polisiebeamptes gewek.


Die lede het die baba herhaaldelik in die aanhoudingselle nagegaan nadat hulle die baba aanhoudend hoor huil het. Die verdagte is ondervra oor die biologiese moeder van die baba, maar sy het onbevredigende en teenstrydige antwoorde verskaf.


‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê haar verduideliking het die polisie aangespoor om die vermeende vader van die kind te kontak, maar dit is later vasgestel dat hy nie die biologiese ouer was nie.


LUISTER:


Mmako Mophiring

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page