top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse polisie vra publiek om geskikte honde te skenk vir geveg teen misdaad

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 18, 2024
1 min read

Die polisie in die Vrystaat doen ‘n beroep op die publiek om geskikte honde te skenk om sodoende te help om die polisie se honde-eenhede uit te brei en te versterk. Die honde word ontplooi vir die opsporing van dwelms, plofstof, beskermde spesies, biologiese liggaamsvloeistowwe, geldeenhede sowel as die bymekaarmaak van skape tydens veediefstalondersoeke, opsporing en aankeer van gevaarlike verdagtes, brandondersoeke en soek- en reddingsoperasies. Die volgende rasse wat aan vereistes voldoen sal deur die SAPD aanvaar word: Skaaphonde, Duitse Herdershonde, Belgiese Herdershonde, Labradors, Bloedhonde, Rottweilers, Golden Retrievers, Duitse korthaar pointers en Jack Russells. Kruisrasse sal slegs aanvaar word indien hulle aan die SAPD se streng organisatoriese vereistes voldoen. Potensiële skenkers kan die Provinsiale kantoor in die Vrystaat kontak gedurende kantoorure by 051 412 6678 of Bloemfontein K9 Eenheid se Luitenant Kolonel Smith by 0828210195

 
 
 

Comments


bottom of page