top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse polisiebeamptes wys hulle het harte van goud

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 10, 2024
1 min read

’n Agtjarige seuntjie van Ladybrand in die Vrystaat en sy ma sou nooit kon dink hoe hul dag sou verloop toe hul pad met ’n span polisiebeamptes gekruis het nie. Die polisie se Tume Ramahlaha het verby die behoeftige ma en seuntjie - wat besig was om in die vullis vir kos te grou - gedraf en het vasgestel dat die twee dae laas iets te ete gehad het... en dat dit boonop die seuntjie se verjaarsdag was! Ramahlaha het saam met Kaptein Cilliè Truter en die res van die Grenspolisiëringslede die seun met 'n haarsny, skooluniform, nuwe klere, skoene, speelgoed en 'n verjaardagkoek - alles uit hulle eie sakke - bederf.  Volgens Truter is daar geen groter roeping as om vir hulle gemeenskappe diensbaar te wees nie.

 
 
 

Comments


bottom of page