top of page

Vrystaatse regterpresident benoem vir adjunk-hoofregterpos

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Die Vrystaat se regterpresident John Musi is een van vier benoemdes om die posisie van adjunk-hoofregter van die Regterlike Dienskommissie (RDK) te vul.

EWN berig president Cyril Ramaphosa het vier kandidate vir die posisie benoem, wat vakant geraak het met die aanstelling van Mandisa Maya as hoofregter in Sepember 2024.

Tans neem Mbuyiseli Madlanga waar as adjunk-hoofregter, maar hy tree einde Julie af ná 'n nie-hernieubare termyn van 12 jaar.

Een van die benoemdes het homself egter onttrek.

Die RDK gaan na verwagting Donderdag en Vrydag met die drie oorblywende benoemdes onderhoude voer.

 
 
 

Comments


bottom of page