top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse seuns verdrink na hul in konstruksiegat val

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 11, 2024
1 min read

Twee jong seuns het in Thabong, naby Welkom in die Vrystaat, verdrink nadat hulle in ‘n reënwater gevulde konstruksiegat geval het. Volgens polisie woordvoerder, Stephan Thakeng, het lede van die gemeenskap die tien- en elf-jarige seuns uit die gat probeer trek, maar is hulle op die toneel dood verklaar. Die terreinn is, luidens ‘n plasing op sosiale media, nou al 'n geruime tyd verlate en in ‘n onveilige toestand deur die kontrakteur gelaat. Daar is ook glo geen versperrings of tekens om mense teen die gewaar te waarsku nie, wat volgens ‘n munisipale bron baie nalatig is. ’n Geregtelike doodsondersoek is vir verdere ondersoek geregistreer.

 
 
 

Comments


bottom of page