top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse tiener vir dwelmhandel aangekeer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 18, 2024
1 min read

Mandrax-tablette, met ‘n straatwaarde van ongeveer R400 000, is vroeër die week in die besit van ‘n 18-jarige beweerde dwelmhandelaar gevind. Die Vrystaatse polisie, wat besig was met ‘n ontwrigtende operasie in Bohlokong, by Bethlehem, het op ‘n wenk van die gemeenskap gereageer en die tiener se huis ondersoek. Daar is op die mandrax-tablette, tik, dagga, ‘n ongelisensieerde vuurwapen en verskeie rondtes ammunisie beslag gelê. Die seun is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page