top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse vee drink rioolwater

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 27, 2025
  • 1 min read

Al sewe van die Vrystaatse Maluti-a-Phofung Munisipaliteit se aanlegte vir afvalwaterbehandeling, het op een of ander manier in duie gestort. Volgens Maroela Media word daar daagliks tot 31 miljoen liter riool in riviere, wat na die Vaaldam vloei, vrygestel. Die rioolpype en pompstasie is ook stukkend, wat veroorsaak dat riool die veld inloop . Beesboere, wat staatmaak op klein troppe vee om ʼn bestaan te maak, sê hul beeste word siek en vrek. Die Departement van Water en Sanitasie sê die beplanningsfase, om hierdie rioolsuiweringswerke weer in ‘n behoorlike werkende toestand te kry, is voltooi, en sommige projekte is reeds in die voorimplementeringsfase. Vaal-Sentraal Water sal na verwagting vanaf April vanjaar met die aanstelling van projek-kontrakteurs begin.

 
 
 

Comments


bottom of page