top of page

Vrystaatse veedief kry tronkstraf

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 6
  • 1 min read

'n Veedief in die Vrystaat is tot tien jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die diefstal van 60 skape. Die beskuldigde, NP Thipane, het in Julie verlede jaar die vee onwettiglik oor die N1 na Brandfort naby Glen gedryf. In die proses is eiendom beskadig nadat nege omheinings oor verskeie kampe gesny is. Naburige boere, hul werkers en die polisie het vinnig saam gewerk om die verdagte in hegtenis te neem, en al 60 skape is teruggevind.

 
 
 

Comments


bottom of page