Vrystaatse vrou kry tronkstraf vir kinderverwaarlosing
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 6, 2025
- 1 min read
Die Phuthaditjhaba-landdroshof in die Vrystaat het ‘n 38-jarige ma tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Dit kom nadat sy haar twee jong kinders, vier en vyf jaar oud, in Desember verlede jaar vir byna vier dae alleen gelaat het.
Die kinders het probeer kook en amper die huis aan die brand gesteek voordat bekommerde bure die owerhede in kennis gestel het.
‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die kinders is na ‘n plek van veiligheid geneem en die ma is kort daarna in hegtenis geneem.
LUISTER:






Comments