top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse vrou kry tronkstraf vir kinderverwaarlosing

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 6, 2025
1 min read

Die Phuthaditjhaba-landdroshof in die Vrystaat het ‘n 38-jarige ma tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Dit kom nadat sy haar twee jong kinders, vier en vyf jaar oud, in Desember verlede jaar vir byna vier dae alleen gelaat het.

Die kinders het probeer kook en amper die huis aan die brand gesteek voordat bekommerde bure die owerhede in kennis gestel het.

‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die kinders is na ‘n plek van veiligheid geneem en die ma is kort daarna in hegtenis geneem.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page