top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse Wetenskaplikes onder wêreld se top 2% erken

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2024
1 min read

Wetenskaplikes van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is onder die Wêreld se Top 2% van Wetenskaplikes vir 2024, erken. Dit volgens die onlangs vrygestelde World's Top 2% Scientists-lys deur die Stanford Universiteit. Hierdie lys, saamgestel in vennootskap met Elsevier deur gebruik te maak van data van Scopus, beklemtoon navorsers wat beduidende, wêreldklas bydraes in hul onderskeie velde lewer. Volgens die UV se Adjunk-Visekanselier vir Navorsing en Internasionalisering, Vasu Reddy, vertoon hierdie gesogte Stanford-Elsevier-lys wêreldwyd top-geleerdes op die gebied van wetenskap, ingenieurswese, besigheid, openbare sake en die geesteswetenskappe. Hy voeg by dat die UV trots en opgewondende is om te sien hoe hul navorsers 'n positiewe impak in globale navorsingspogings maak.

 
 
 

Comments


bottom of page