Vrystater red twee meisies uit die see
- Armando Pieters

- Jun 18
- 1 min read
‘n Vrystater het twee meisies by Diaz-strand in Mosselbaai uit die see gered.
Dit nadat die ses- en nege-jarige glo gesukkel het om te swem en in die sleurstroom beland het.
So lui ‘n verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).
Volgens Netwerk24 is die NSRI van die voorval ingelig, en met hul aankoms was Nicolas Vermeulen van Vredefort in die Vrystaat reeds besig om die kinders te probeer red.
Die brandweer en reddingsdienste het hom gehelp.
Die twee dogtertjies is in ‘n stabiele toestand en ná waarneming uit die hospitaal ontslaan.





Comments