Vrystaters aangemoedig om boere drukkies gee
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 28, 2025
- 1 min read
Burgers van die Vrystaat is aangemoedig om vir boere ’n stywe drukkie te gee wanneer hulle een raakloop. Volgens ’n Facebook-plasing van die Vrystaatse regering het boere by Remmoho Invest in Agriculture buite Bethlehem bymekaargekom vir Oesdag. Een van die boere, Nkosana Mtambo, ook bekend as FarmBoy, het in sy toespraak gesê dat mense soms sonder ’n dokter klaarkom, maar nie sonder ’n boer nie. Hy het komies verduidelik dat almal van ons fone het, maar dat kos nie afgelaai kan word nie. Mtambo het beklemtoon dat ons boere minstens drie keer per dag nodig het en dat hulle onmisbaar, so gee vir ’n boer ’n drukkie. Adjunkpresident Paul Mashatile en Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae het saam met ministers vir boere verseker van regeringsondersteuning.







Comments