Vrystaters lug hul mening oor die Huwelikswetsontwerp
- Armando Pieters

- Jul 28
- 1 min read
Openbare sittings oor die Huwelikswetsontwerp is in onder meer Welkom en Botshabelo in die Mangaun-metro gehou.
Sommiges het gevra dat die bepalings in die Huwelikswet moet insluit dat die lobola-praktyk gereguleer word, aangesien mans dan dink hulle kan vroue mishandel omdat hulle lobola betaal het.
Ander sê kulturele praktyke moenie verdraai word nie, aangesien lobola kulturele betekenis dra.
Netwerk24 berig volgens 'n woordvoerder van die parlementêre kommunikasiedienste, Malatswa Molepo, was daar kommer oor saamwoon sonder formele huweliksreëlings wat, volgens hulle, vroue se eiendomsregte in gevaar stel. Hulle het versoek dat dié soort verhouding heeltemal verbied word.
Die verhoging van die huweliksouderdom tot 21 jaar het wyd steun ontvang.
Sommige geloofsorganisasies het selfdegeslaghuwelike as teenstrydig met hul leerstellings beskou, terwyl ander aangevoer het dat die Grondwet die reg op keuse gee en dat die erkenning van sulke huwelike grondwetlik geregverdig is.





Comments