Vrystaters maak gereed vir ‘n Paas-kruistog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 30
- 1 min read
Updated: Mar 31
Voorbereidings is reeds weke aan die gang in Vredefort waar Vrystaters gereed maak vir die dorp jaarlikse Paas-kruistog.
Volgens die Parys Gazette sal duisende mense op Goeie Vrydag deur die dorp stap as deel van ’n 3km lange Via Dolorosa-roete. Langs die strate sal stalletjies die lewe en gelykenisse van Jesus uitbeeld.
Meer as 500 houtkruise is onlangs binne minder as ’n uur gemaak, terwyl inwoners ook help met versierings en die skoonmaak van die dorp. ’n Nuwe toevoeging vanjaar is replika’s van kruiselemente, insluitend spykers en ’n spies.
Die kruistog word as ’n besondere gemeenskapsprojek beskryf, met inwoners wat saamstaan om die Paasboodskap uit te dra.








Comments