top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaters moet glo self inspring om brande te blus

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Boere en gemeenskapslede van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit in die Vrytaat moet glo gereeld inspring wanneer ernstige brande uitbreek.


Nova News berig 'n plaaslike raadslid sê Heilbron het nou geen operasionele brandweerwa nie, wat ernstige kommer wek oor die veiligheid van inwoners en hul eiendom.


Hoewel die dorp in die verlede ‘n volwaardige brandweerwa gehad het, word brande deesdae glo slegs met ’n brandbestrydingsbakkie en beperkte toerusting geblus. Onlangs het twee strukture, ‘n houthuis en tydelike woning afgebrand nadat die brandweer nie die brande doeltreffend kon bestry nie.


Die munisipaliteit het nie op navrae gereageer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page