top of page

Vrystaters moet waaksaam bly

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 20, 2025
  • 1 min read

Met toenemende volumes water wat na die noordelike dele van die Vrystaat vloei, doen die polisie 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly.


Dit aangesien riviere, damme en laagliggende gebiede toenemend gevaarlik word.


Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê in ‘n mediaverklaring beamptes, insluitend die provinsiale soek-en-reddings- en duikeenhede, is op hoë gereedheidsgrondslag om op enige noodgeval te reageer.


Die veiligheid van inwoners bly hul topprioriteit, en voorsorgmaatreëls is noodsaaklik gedurende hierdie tydperk van verhoogde watervloei.


Die polisie spoor mense aan om nie oorstroomde brûe, laagwaterkruisings of riviere te probeer oorsteek nie.


Ouers en versorgers moet ook verseker dat kinders nie gedurende hierdie tyd naby riviere of damme speel nie.


Schoemansdrift-laagwaterbrug. FOTO: Parys Gazette
Schoemansdrift-laagwaterbrug. FOTO: Parys Gazette

Comments


bottom of page