Vrystaters protesteer teen 'n munisipaliteit se ‘leë beloftes’
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 9
- 1 min read
’n Groep inwoners van Bakenpark in Bethlehem in die Vrystaat het ’n protesoptog teen die Dihlabeng-munisipaliteit oor leë beloftes rakende behuising en kragtariewe asook werkloosheid gehou.
Netwerk24 berig Hendriëtta May het ’n versoekskrif aan die burgemeester, Tseki Tseki, gerig, wat vra vir ingryping by die behuisingskrisis en die gebrek aan vordering met behuisingsprojekte. May sê die toenemende werkloosheid, beperkte ekonomiese geleenthede en stygende elektrisiteitskoste sorg vir erge swaarkry onder huishoudings en klein ondernemings.
Die versoekskrif eis dat inwoners binne 30 dae terugvoering en meetbare stappe van die burgemeester se kantoor. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Tshediso Maitse, het nie dadelik gereageer nie.






Comments