Vrystaters sluit die berugte R708-pad
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 11, 2025
- 1 min read
Talle mense, onder wie lede van die Clocolan-boerevereniging, plaaslike taxi-verenigings en inwoners het bymekaar gekom om die Vrystaatse R708-pad tussen Clocolan en Marquard te sluit. Volgens Netwerk24 is die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer genooi om met die inwoners te vergader sodat hulle ‘n memorandum met eise oor die herstel van die pad kon oorhandig. Bestuurslid van die Clocolan-boerevereniging, Chris Bender, het Donderdag gesê hulle sukkel amper vier jaar lank dat herstelwerk aan die pad gedoen word. Intussen het die kontrakteur en werkers op die perseel gesê hulle gaan van die slaggate begin toemaak.






Comments