Vrystaters snel 'n bejaarde vrou te hulp
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 9
- 1 min read
Drie mans van Clarens word geloof nadat hulle 'n bejaarde vrou gehelp het om haar besittings terug te kry nadat sy op pad kerk toe beroof is.
Volgens Good Things Guy het die vrou om hulp geskree nadat 'n man glo haar handsak gegryp en gevlug het.
Daimon Findlay, Thabang Koto en Cliff Mzangwa het die noodkrete gehoor en die verdagte agternagesit. Hoewel hulle hom nie self kon vaskeer nie, het die verdagte die handsak tydens die jaagtog laat val.
Die mans kon die handsak terugkry en inligting verskaf wat gehelp het om die verdagte later op te spoor en aan te keer.
Die vrou, wat volgens berigte erg getraumatiseer was, het haar besittings teruggekry.








Comments