Vrystaters teen oor wegholveldbrande gewaarsku
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 22, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n uiters dringende waarskuwing oor toestande wat bevordelik vir die ontstaan van wegholveldbrande in die Vrystaat uitgereik. Netwerk24 berig volgens die hoofbestuurder van die Vrystaat-sambreelbrandbeskermingsvereniging, Johan Breytenbach, is brandbestrydinngsverenigings en -dienste op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas. Hy voeg by die pronvinsie is tans in die piek van brandseisoen, al het ongewone wintergreen dit effens vertraag, raak temperature nou hoër en die gras vinniger droog. Hy waarsku mense ook dat hulle nie vullis mag verbrand of brande sigarette by motorventers mag uitgooi nie.






Comments