Vrystaters word teen opportuniste gewaarsku
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 2, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het 'n beroep op die Winburg-gemeenskap gedoen om te waak teen opportuniste wat beweer dat hulle namens hulle werk.
Volgens die premier hou die mense gewoonlik vergaderings in donker kroeë, en word gedryf deur gierigheid, en nie die welstand van die mense nie.
Luidens ‘n plasing op sosiale media volg dit na die onrus vroeër die week toe inwoners teen die vermeende gebrek aan werksgeleenthede op die N1-snelweg betoog het.
'n Projekskakelkomitee wat glo sonder die medewete van die gemeenskap gestig is, is ontbind.
Aan die einde van die vergadering is ooreengekom dat 'n nuwe werwingsproses gevolg sou word om billikheid te verseker.







Comments