VS broers kry tronkstraf vir bedrog

3 days ago
1 min read
Twee broers is tot gevangenisstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan bedrog, vervalsing, die uitreiking van vervalste dokumente en geldwassery.
Alexis en Petrus Johannes du Preez het in die Bethlehemse Handelsmisdaadhof verskyn.
Volgens die polisie was Alexis Du Preez mede-eienaar van ’n maatskappy saam met die klaer, waar hy verskeie onwettige transaksies aangegaan het en die maatskappy se geld na sy persoonlike bankrekening oorgeplaas het. Geld is ook na sy broer, Petrus Johannes, se bankrekening oorgeplaas.
Dit het daartoe gelei dat die klaer ’n finansiële verlies van sowat R7 miljoen gely het.
Alexis is tot ’n effektiewe 15 jaar en Petrus Johannes tot 'n effektiewe vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.









Comments