VS dorpe gaan weer gebuk onder waterprobleme
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
Inwoners van Senekal en Matwabeng in die Vrystaat word deur ernstige watertekorte geraak weens infrastruktuurprobleme, hoë waterverbruik en vertragings in herstelwerk aan verskeie sleuteltoevoerpype.
Vrystaat Kroon berig 'n multi-miljoenrand-watervoorsieningprojek is onder konstruksie, maar dit sal eers na verwagting teen middel 2026 voltooi wees. Intussen bly die gemeenskappe afhanklik van ‘n waterstelsel wat onder toenemende druk verkeer.
Die hoofwater-toevoerpyp vanaf Cyferfontein na die dorp het reeds middel Desember ‘n kraak ontwikkel en eers onlangs tydelik herstel is. ‘n Verdere uitdaging het toe ontstaan by die pypleiding wat die hoofopgaardam by Cyferfontein vanuit die Sandrivier moet aanvul. Dié is onklaar, wat beteken dat geen water uit die rivier na die reservoir gepomp word nie.
Senekal het sedert 2016 wateruitdagings wat steeds nie opgelos kon word nie.
Die munisipaliteit het nie op navrae gereageer nie.







Comments