top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

VS kinders verloor binne drie dae albei hul ouers

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16
1 min read

Enkele dae nadat drie kinders van Parys se pa gesterf het, is hul ma in ’n motorongeluk oorlede.


Netwerk24 berig Liezel Fouché en Jassie Jansen van Vuuren is Dinsdagmiddag in ’n motorfietsongeluk op die Fochville-pad dood toe hul motorfiets teen ’n woonwa gebots het. Hulle is op die toneel dood verklaar.


Liezel se gewese man en die pa van haar oudste drie kinders, Paul Fouché, is op Vrydag 9 Oktober aan ’n hartaanval oorlede.


Liezel se beste vriendin, Jo-Ann Beckman, sê die kinders is in rou gedompel nadat hulle binne enkele dae albei hul ouers en hul ma se kêrel aan die dood moes afstaan.


Liezel Fouché. FOTO: Facebook
Liezel Fouché. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page