top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

VS munisipale bestuurder vir beweerde korrupsie ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 12, 2025
1 min read

'n Senior bestuurder van die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat is in die spervuur nadat hy glo ’n R27 miljoen skulderkenning onderteken het vir ’n maatskappy wat aan sy neef behoort. IOL berig die direkteur van korporatiewe dienste, Sam Makhubu, was waarnemende munisipale bestuurder in 2023 toe hy die ooreenkoms met Kill Crime Security Service onderteken het. Sy neef, Thabiso Sekhosana, is die mededirekteur van die maatskappy. Die munisipaliteit sê die kwessie geniet dringende aandag. Die Vrystaatse Hooggeregshof het beide die diensvlakooreenkomste en die skulderkenning ongeldig verklaar. Die hof het bevind dat Makhubu opsetlik versuim het om die munisipaliteit se regsafdeling in te lig, wat tot ’n verstekvonnis gelei het.

 
 
 

Comments


bottom of page