Vuurwapens is by ‘n Vrystaatse munisipale gebou gesteel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 3, 2025
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het ‘n klopjag vir sake-inbraak van stapel gestuur na vuurwapens glo by die Moqhaka Parke munisipaliteitsgebou in Kroonstad Sentraal gesteel is.
‘n Werknemer van die munisipaliteit het glo die misdaad ontdek toe hy by die werk opgedaag het.
Hy het eers opgemerk dat die alarmbeheerkas beskadig was en die deur na die Wapenkamer/Amnestiekamer met geweld oopgemaak is.
Binne die Wapenkamer is ontdek dat twee staalkluise oopgeforseer is.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die polisie is ontbied en voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat ‘n aansienlike aantal items gesteel is.







Comments