top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vuurwapenwette moet heroorweeg word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Voorgestelde veranderinge aan Suid-Afrika se vuurwapen- en privaat sekuriteitswette moet volgens die DA teruggetrek en heroorweeg word.


Die party vra dat die wysigings aan die regulasies vir die Private Sekuriteitsbedryf se Reguleringsowerheid en die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer laat vaar word.


Die DA se woordvoerder oor Polisie, Ian Cameron, sê die onlangse optogte teen onwettige immigrasie het gewys dat gemeenskappe en private sekuriteitsmaatskappye 'n belangrike rol in misdaadbekamping speel.


Hy waarsku dat die voorgestelde wysigings die vermoë van private sekuriteitsmaatskappye om vinnig op misdaad te reageer, kan benadeel.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page