top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vuvuzelas word ingespan om vee teen leeus te beskerm

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 22
  • 1 min read

'n Jong ekoloog het bevind dat die harde geluid van vuvuzelas leeus afskrik wat uit die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe kom om vee dood te maak.


'n Doktorale student verbonde aan die Universiteit van Oxford se Wildlife Conservation Research Unit, Lovemore Sibanda, het in sy navorsing opgemerk dat leeus gereeld die nasionale park verlaat en omliggende gemeenskappe binnegegaan het. Omdat vee die enigste beskikbare voedsel in dié gebiede was, het spanning natuurlik ontstaan, en landelike inwoners het soms die leeus uit wraak doodgemaak.


Sibanda se doktorale navorsing het daarop gefokus om saam met gemeenskappe 'n oplossing te vind om die doodmaak van leeus te voorkom.


Met die FIFA Sokkerwêreldbeker van 2010 in Suid-Afrika as inspirasie het inwoners, gewapen met die presiese koördinate van die leeu, in groepe van 10 tot 15 vuvuzelas by die leeus begin blaas. Sibanda sê dit werk soos 'n bom, en die leeu vlug vir sy lewe.


Good Things Guy berig Sibanda sê die gebruik van vuvuzelas om leeus te verjaag het veeverliese gehalveer en konflik tussen mense en leeus verminder.


Ter illustrasie. FOTO:  Brand South Africa
Ter illustrasie. FOTO: Brand South Africa

 
 
 

Comments


bottom of page