VVLU se vroue is ankers in hul gemeenskappe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Sowat 250 afgevaardigdes en gaste het die Vrystaatse Vroue-Landbou-unie (VVLU) se 95ste jaarkongres, onder die tema Ankervrou, in Bloemfontein bygewoon. Landbouweekblad berig “toegang” tot die kongres was skryfbehoeftes vir plaaskinders in droogtegeteisterde gebiede. Die insameling was deel van die VVLU-takke se projek, en hul kantoorprojek het R10 000 aan Droogtehulp met Burre Burger geskenk. In sy bedankingstoespraak het Burger die ankerrol van vroue in die plattelandse gemeenskappe geloof. Volgens die VVLU-president, Elsabé Kotzé, is vanjaar se tema gekies omdat vroue die ankers van hulle gesinne is, en omdat hulle standvastig in hul waardes en geloof moet wees.





Comments