top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vyf is vas ná ‘n gewapende roof en dwelmvonds in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Updated: 4 days ago

Vyf verdagtes is in twee afsonderlike polisie-optredes in Bloemfontein in hegtenis geneem ná 'n gewapende roof en 'n dwelmvonds.  


Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid het vier mans te voet agternagesit en langs die M10 vasgetrek nadat twee slagoffers glo met 'n vuurwapen beroof is.


'n Ongelisensieerde 9 mm-pistool en ammunisie is ook beslag gelê.


Verdere inligting het die polisie na 'n vermeende dwelmhuis in Freedom Square gelei, waar Mandrax-tablette gevind is.


'n Man is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit en handel in dwelms.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 

 
 
 

Comments


bottom of page