top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vyf mans vas vir besit van koperkabel in die Vrystaat

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 14, 2025
1 min read

Vyf mans is in hegtenis geneem vir die besit van koperkabel in die Fezile Dabi-distrik. Die polisie het op Dinsdagoggend, 13 Mei ’n verdagte bakkie op die R57 na Sasolburg voorgekeer. Die voertuig is by die kruising van die R57 en R82 gestop, waarna beamptes tydens ’n deursoeking koperkabel van meer as 120 kg ontdek het. Die koper het ’n geraamde waarde van net meer as R20 000. Die vyf verdagtes is in hegtenis geneem en die kabel is gekonfiskeer. Hulle sal binnekort in die landdroshof in Sasolburg verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page