top of page

Vyf mense is beseer in ‘n skietery in Bloemfontein se middestad

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 9, 2025
  • 1 min read

Vyf mense is na 'n hospitaal in Bloemfontein geneem na 'n skietery by 'n taverne in die middestad vroeg Saterdagoggend. SABC News berig dit volg nadat 'n 30-jarige man lukraak op die taverne losgebrand het. Polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sê die verdagte het na bewering losgebrand na 'n dispuut met die taverne se uitsmyters toe hy probeer het om die taverne met bottels drank te verlaat. Toe hy deur uitsmyters voorgekeer is, het hy na bewering die bottels laat val, na sy voertuig gegaan en met 'n vuurwapen teruggekeer en begin skiet. Volgens Earle is die verdagte later deur die polisie in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page