Vyf provinsies is vry van lasvermindering
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Eskom sê vyf van Suid-Afrika se nege provinsies is nou heeltemal vry van lasvermindering. Die Vrystaat is reeds deel hiervan, met Mpumalanga wat nou ook aansluit saam met die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes.
Eyewitness News berig die kragvoorsiener sê net meer as 56% van sy nasionale teiken is reeds van lasverminderingskedules verwyder. Die nutsmaatskappy sê Suid-Afrika het nou reeds meer as 413 opeenvolgende dae sonder beurtkrag beleef. Eskom beoog om lasvermindering teen Maart landwyd te beëindig.
Volgens Business Tech kan 'n stad met lasvermindering die elektrisiteitsverbruik van huishoudings beperk wanneer buitensporige kragverbruik binne sy regsgebied opgemerk word. Beurtkrag, daarenteen, word deur Eskom op nasionale vlak ingestel wanneer die elektrisiteitsnetwerk weens onvoldoende opwekkingskapasiteit onder druk verkeer weens 'n hoë vraag na elektrisiteit.








Comments